Ezekiel 9:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die heerlikheid van die God van Israel het opgegaan van die gérub waarop hy was, na die drumpel van die huis. En hy roep na die man wat met linne bekleed was, met die inkhoring van die skrywer aan sy sy;
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het die heerlikheid van die God van Israel opgestyg van tussen die gerubs, waar dit gebly het, en beweeg na die drumpel van die tempel. Die Here het geroep na die man met linneklere aan en skrywersgereedskap by hom.
Afrikaans 1933/1953 En die heerlikheid van die God van Israel het opgestyg van die g,rub waar dit op was, na die drumpel van die huis toe; en Hy het na die man geroep wat met linne bekleed was, wat die skrywer se inkpot aan sy heupe gehad het.
Afrikaans 1983 Die magtige teenwoordigheid van die God van Israel het van die gerub af waarbokant dit was, opgestyg en by die tempel se drumpel gaan staan. Die Here het na die man geroep met die linneklere aan en die skrywersakkie aan sy gordel
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die heerlikheid van die God van Israel het opgestyg van die gerub waarop dit was, en na die drumpel van die •tempel gegaan. Die Here roep toe na die man wat in linne geklee was, met die skrywersak aan sy heup,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die lig om die Koning, die God van Israel, was op die gerub. Dit het toe opgegaan van die gerub, en dit het gestop by die drumpel van die tempel. Die Here het hard gepraat met die man wat die linne-klere aan het en wat die skrywer-sakkie aan sy belt het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het die Here Homself kom wys, dit was daar van agter die digte gordyn af wat in die huis van die Here is. Die Here het toe na sy huis se ingang gegaan. Die Here roep toe na die man wat in sy huis diens doen en wat die pen en boek by hom het.