Ezekiel 9:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En kyk, ses man het gekom van die pad na die hoër poort wat na die noorde lê, en elkeen 'n slagwapen in sy hand; en een man onder hulle was bekleed met linne, met 'n skrywersinkhoring aan sy sy; en hulle het ingegaan en by die koperaltaar gaan staan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe kom daar ses mans van die boonste hek af aan die noordekant, elkeen met ’n wapen in die hand waarmee hulle kan doodmaak. Een van hulle het klere van linne aangehad met ’n skrywer se gereedskap aan sy sy. Hulle het almal in die tempel se voorhof ingegaan en daar langs die bronsaltaar gaan staan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En kyk, ses manne kom met die pad van die Boonste Poort wat na die noorde toe lê, en elkeen met sy wapen in sy hand om mee te verbrysel; en onder hulle een man wat met linne bekleed was, met 'n skrywer se inkpot aan sy heupe; en hulle het gekom en vlak by die koperaltaar gaan staan. |
| Afrikaans 1983 | Daar kom toe ses manne van die boonste poort af, die poort wat noord kyk, elkeen met die wapen vir die verwoesting in sy hand. Een van hulle het linneklere aangehad, met 'n skrywersakkie aan sy gordel. Die manne het langs die bronsaltaar kom staan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe kom daar meteens ses manne uit die rigting van die boonste poort wat noord front, elkeen met sy wapen van vernietiging in sy hand. Tussen hulle was daar 'n man geklee in linne, met 'n skrywersak aan sy heup. Hulle kom toe en gaan staan langs die bronsaltaar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En toe kom daar ses mans van die boonste poort, die poort wat noord is, en in elke man se hand was die wapens waarmee hy die mense moet doodmaak. Saam met hulle was 'n man wat linne-klere aangehad het, en daar was 'n skrywer-sakkie aan sy belt. Die mans het langs die brons-altaar kom staan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Onmiddellik het ses manne van die buitenste hek van die huis van die Here, daar van die noordekant af nader gekom. Elkeen het baie gevaarlike wapens in sy hande gehad. Tussen hulle was daar nog een man wat klere aangehad het soos iemand wat in die huis van die Here diens doen. Hy het ’n pen en ’n boek by hom gehad. Al sewe van hulle het tot by die altaar gestap wat van brons was daar in die huis van die Here. |