Ezekiel 9:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En kyk, die man wat met linne bekleed was, met die inkhoring aan sy sy, het die saak vertel en gesê: Ek het gedoen soos jy my beveel het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het die man met klere van linne en met die skrywersgereedskap by hom, verslag kom doen: “Ek het die werk voltooi wat U vir my gegee het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En kyk, die man wat met linne bekleed was, aan wie se heupe die inkpot was, het berig gebring en gesê: Ek het gedoen soos U my beveel het. |
| Afrikaans 1983 | Die man met die linneklere aan en die skrywersakkie aan die gordel laat toe weet: “Ek het gedoen wat U my beveel het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Juis toe doen die man geklee in linne, met die skrywersak aan sy heup, verslag: “Ek het presies gedoen wat U my beveel het.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En toe stuur die man wat die linne-klere aan het en wat die skrywer-sakkie aan sy belt het, 'n boodskap. Hy het gesê: “Ek het gedoen wat U vir my gesê het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierna het ek die man sien terugkom wat in die huis van die Here diens doen en wat ’n pen en ’n boek gedra het. Hy het kom sê: “Ek het alles gedoen wat U gesê het ek moet doen.” |