Ezekiel 9:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En wat my ook aangaan, my oog sal nie spaar nie, en Ek sal my nie ontferm nie, maar Ek sal hulle weg op hulle hoof gee.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom gaan Ek hulle nie red nie. Ek sal hulle nie jammer kry nie. Ek sal hulle ten volle laat boet vir alles wat hulle gedoen het.”
Afrikaans 1933/1953 Daarom ook, wat My aangaan, my oog sal nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie; Ek sal hulle wandel op hulle hoof laat neerkom.
Afrikaans 1983 Daarom sal Ek nie verskoon nie, nie jammer kry nie. Ek sal wat hulle doen, op hulle eie kop laat afkom.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal daarom ook nie 'n traan stort nie; Ek sal nie deernis hê nie. Hulle optrede sal Ek op hulle koppe laat neerkom.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nou sal Ek hulle nie vergewe nie en Ek sal nie jammer wees vir hulle nie. Ek sal hulle straf oor die dinge wat hulle gedoen het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom gaan Ek nie een van hulle spaar nie. Ek gaan niemand jammer kry nie. Ek gaan hulle terugbetaal vir al die slegte dade wat hulle gedoen het.”