Ezekiel 9:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy het ook met 'n groot stem voor my ore uitgeroep en gesê: Laat die wat oor die stad bevel het, nader kom, elkeen met sy vernietigingswapen in sy hand.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het die Here baie hard geroep waar ek kon hoor: “Laat kom die mense wat die stad moet straf! Sê vir hulle hulle moet wapens saambring!”
Afrikaans 1933/1953 Daarna het Hy hardop voor my ore geroep en gesê: Kom nader, geregsdienaars van die stad, en elkeen met sy verwoestende wapen in sy hand.
Afrikaans 1983 Toe hoor ek die Here hard roep: “Die straf is naby vir die stad! Elkeen het sy wapen in die hand vir die vernietiging!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het hard in my ore geroep: “Kom nader, julle wat die stad gaan straf, elkeen met sy wapen van verwoesting in sy hand.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het gehoor die Here praat baie hard. Hy het gesê: “Die straf vir die mense van die stad sal nou begin. Elkeen moet die wapens neem waarmee hy die mense in die stad moet doodmaak.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het ek die Here met ’n harde stem hoor roep: “Laat kom die manne wat Ek gekies het om die stad te straf! Sê vir hulle dat hulle hulle wapens moet saambring!”