Ezekiel 8:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het verder vir my gesê: Mensekind, sien jy wat hulle doen? selfs die groot gruwels wat die huis van Israel hier doen, dat ek ver van my heiligdom af sou weggaan? maar bekeer jou weer, en jy sal groter gruwels sien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Mensekind,” het Hy gesê, “sien jy wat hulle doen? Sien jy die afskuwelike groot sondes wat die mense van Israel doen, sondes wat My uit my heilige woning dryf? Maar kom, jy sal selfs nog groter sondes sien as dit.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy sê vir my: Mensekind, sien jy wat hulle doen, die groot gruwels wat die huis van Israel hier aanrig, dat Ek ver van my heiligdom af moet weggaan? Maar jy sal nog ander groot gruwels sien. |
| Afrikaans 1983 | God het vir my gesê: “Mens, sien jy wat doen hulle? Sien jy die vreeslike afskuwelike dinge wat Israel doen, hier ver van my heiligdom af? Maar jy sal nog afskuweliker dinge sien.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy sê toe vir my: “Mensekind, sien jy wat doen hulle – die ontsettend afstootlike dinge wat die huis van Israel hier doen, sodat Ek op 'n afstand bly van my heiligdom af? Maar jy sal nog erger afstootlike dade sien.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir my gesê: “Mens, sien jy nou self wat hulle doen? Sien jy watter baie slegte dinge doen die volk Israel hier ver weg van die tempel? Maar jy sal nog meer slegte dinge sien.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God sê toe vir my: “Mens, sien jy wat hierdie mense aanvang? Sien jy watter slegte dade die volk van Israel doen om My uit my eie huis weg te jaag? Maar kom, laat Ek jou nog erger dade as hierdie wys!” |