Ezekiel 8:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Hy vir my: Mensekind, slaan nou jou oë op na die noorde toe. Toe slaan ek my oë op die pad na die noorde toe, en kyk na die noorde by die poort van die altaar, hierdie beeld van ywer by die ingang. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het die Here vir my gesê: “Mensekind, kyk na die noordekant.” Ek het gekyk. Daar langs die ingang aan die noordekant van die hek na die altaar het die beeld gestaan wat soveel goddelike woede veroorsaak het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy sê vir my: Mensekind, slaan tog jou oë op in die rigting van die noorde; en ek het my oë opgeslaan in die rigting van die noorde -- en daar was aan die noordekant van die altaarpoort daardie afgodsbeeld van ywer by die ingang! |
| Afrikaans 1983 | Hy het vir my gesê: “Mens, kyk noord!” Ek het gekyk, en daar aan die noordekant van die poort by 'n altaar het daardie afgodsbeeld wat toorn veroorsaak, gestaan, by die ingang! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy sê toe vir my: “Mensekind, kyk na die noorde toe.” Ek het na die noorde gekyk, en daar, aan die noordekant van die poort na die altaar, by die ingang, is hierdie beeld wat verontwaardiging wek! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir my gesê: “Mens, kyk noord.” Ek het na die noorde gekyk, en toe sien ek daardie beeld by die altaar, die beeld wat vir God so kwaad maak. Dit was by die noordekant van die poort, by die ingang. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sê die Here vir my: “Mens, kyk op na daardie kant toe, daar na die noordekant.” Ek het toe gekyk, en daar, reg langs die ingang na die altaar in die huis van die Here, het die afgod gestaan waaroor die Here so verskriklik kwaad was. |