Ezekiel 8:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En kyk, die heerlikheid van die God van Israel was daar, volgens die gesig wat ek in die vlakte gesien het.
Afrikaans (NLV) 2011 Skielik was die heerlikheid van God daar, net soos ek dit die vorige keer in die vallei gesien het.
Afrikaans 1933/1953 En kyk, die heerlikheid van die God van Israel was daar, ooreenkomstig die verskyning wat ek in die laagte gesien het.
Afrikaans 1983 Hier het ek die magtige verskyning van die God van Israel weer gesien, net soos die keer in die vallei.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En kyk, daar was die heerlikheid van die God van Israel – net soos die verskyning wat ek in die laagte gesien het!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En toe sien ek die lig wat om die Koning, die God van Israel, is. Dit was dieselfde soos die lig wat ek gesien het in die vallei.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Skielik het die God van Israel in al sy mag daar verskyn. Ek het Hom herken omdat ek Hom ook voorheen in die vallei gesien het.