Ezekiel 8:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het ek gesien, en kyk na 'n gelykenis soos die voorkoms van vuur: van die voorkoms van sy lendene af tot ondertoe, vuur; en van sy lendene af selfs boontoe, soos die skyn van glans, soos die kleur van amber.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het iemand gesien wat soos ’n mens lyk. Van die heupe af ondertoe het dit gelyk of hy van ’n brandende vlam gemaak is. En van sy heupe af boontoe het hy soos gloeiende metaal gelyk.
Afrikaans 1933/1953 Ek kyk toe -- en daar was 'n gestalte wat soos vuur gelyk het; van wat soos sy lendene gelyk het en ondertoe, was vuur, en van sy lendene af en boontoe iets net soos 'n hemelglans wat soos blinkende metaal geskyn het.
Afrikaans 1983 Ek het 'n gesig gesien. Daar was 'n mensvormige gestalte. Van wat gelyk het na sy heupe, daarvandaan ondertoe, was hy van vuur en van sy heupe af boontoe het dit gelyk soos blink, gloeiende metaal.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe ek kyk, is daar 'n gestalte wat lyk of dit van vuur is! Vanaf wat na sy heupe gelyk het ondertoe was daar vuur, en vanaf sy heupe boontoe het dit gelyk soos 'n glans, soos die skittering van witgoud.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het gekyk en ek het 'n persoon gesien wat soos vuur lyk. Daar was iets wat gelyk het soos sy heupe, en onder sy heupe was daar ook vuur. Bo sy heupe was iets wat geblink het soos brons wat iemand blink gevryf het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het toe Iemand gesien wat soos ’n Mens gelyk het. Van sy heupe af tot by sy voete het dit gelyk of die Man van vuur gemaak was. En van sy heupe af boontoe het dit gelyk of Hy van vuurwarm, gloeiende metaal gemaak was.