Ezekiel 8:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê hy vir my: Het jy dit gesien, o mensekind? Is dit 'n ligte ding vir die huis van Juda dat hulle die gruwels doen wat hulle hier doen? want hulle het die land met geweld gevul en teruggekeer om My te terg; en kyk, hulle het die loot aan hul neus gesit.
Afrikaans (NLV) 2011 “Het jy dit gesien, mensekind?” vra Hy my. “Is dit nie genoeg vir die volk van Israel dat hulle hierdie afskuwelike sondes doen nie? Moet hulle nou ook die land vol geweld maak, en my woede aanhoudend laat losbreek? Kyk hoe hulle nou in afvalligheid van My druiweranke voor hulle neuse rondswaai!
Afrikaans 1933/1953 En Hy sê vir my: Het jy dit gesien, mensekind? Is dit dan vir die huis van Juda te gering om die gruwels te doen wat hulle hier bedrywe, dat hulle die land met geweld gevul en My nog meer geterg het? En kyk hoe hulle die druiwetak by hulle neus hou!
Afrikaans 1983 Die Here het vir my gesê: “Sien jy, mens? Was dit nie genoeg dat Juda dié afskuwelike dinge hier gedoen het nie? Hulle het boonop die hele land vol geweld gemaak, en dan kom tart hulle My nog met die druiweranke wat hulle voor hulle neuse rondswaai.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sê toe vir my: “Sien jy dit, mensekind? Is die afstootlike dade wat hulle hier aanvang dan te gering vir die huis van Juda, dat hulle ook nog die land vul met geweld en My telkens weer uittart? Kyk, hulle steek 'n wingerdrank uit na my neus.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê die Here vir my: “Mens, sien jy dit? Die volk Juda doen baie slegte dinge hier, maar hulle doen nog baie meer slegte dinge op ander plekke. Hulle het ook nog slegte dinge gedoen aan die mense in die hele land. En dan kom hulle ook en hulle beledig My en hulle ruik aan druiweranke, hulle maak My baie kwaad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Het jy dit gesien, mens?” vra Hy. “Moet Ek maak of dit sommer niks is nie dat my volk sulke verskriklik slegte dade doen? En nou doen hulle boonop ook gewelddadige dade teen ander mense. Hulle steur hulle net mooi niks aan My nie. Ek is woedend oor wat hulle doen!