Ezekiel 8:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het my in die binneste voorhof van die huis van die HERE gebring, en kyk, by die ingang van die tempel van die HERE, tussen die voorportaal en die altaar, was omtrent vyf en twintig man, met hul rug na die tempel van die HERE gerig, en hulle aangesigte na die ooste; en hulle het die son na die ooste aanbid.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe bring Hy my na die binneste voorhof van die Here se woning. By die ingang, tussen die voorportaal en die altaar, het 25 mans met hulle rug na die Here se tempel toe gestaan. Hulle het na die oostekant gekyk en voor die son in die ooste neergebuig.
Afrikaans 1933/1953 Toe bring Hy my na die binneste voorhof van die huis van die HERE; en kyk, by die ingang van die tempel van die HERE, tussen die voorportaal en die altaar, was omtrent vyf en twintig man, met hulle rug na die tempel van die HERE en hulle gesig na die ooste, en hulle het hul voor die son neergebuig na die ooste.
Afrikaans 1983 Hy bring my toe na die binneste voorhof van die huis van die Here toe. Daar in die ingang van die tempel van die Here, tussen die voorportaal en die altaar, was 'n stuk of vyf en twintig man met hulle rug na die tempel van die Here toe en hulle gesig na die ooste toe, en hulle was besig om in aanbidding voor die son neer te val na die ooste toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy neem my toe na die binneste voorhof van die huis van die Here; en daar, by die ingang na die Here se •tempel, tussen die portaal en die altaar, is ongeveer vyf-en-twintig manne met hulle rûe na die Here se tempel gekeer en hulle gesigte na die ooste! Hulle het na die ooste gebuig in aanbidding voor die son.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe bring Hy my na die binneste oop stuk grond by die tempel. Daar het omtrent 25 mans gestaan, en hulle rug was na die tempel. Hulle gesig was na die ooste, en hulle het na die ooste gebuig vir die son. Hulle was by die ingang van die tempel van die Here, tussen die voorportaal en die altaar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe vat die Here my binne-in sy huis in. Daar het 25 mans gestaan, met hulle rûe na die huis van die Here gedraai. Hulle het na die oostekant gekyk waar die son opkom. Hulle het die son aanbid!