Ezekiel 8:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Hy vir my: Het jy dit gesien, o mensekind? Bekeer jou weer, en jy sal groter gruwels as hierdie sien.
Afrikaans (NLV) 2011 “Het jy dit gesien?” het Hy gevra. “Maar Ek sal jou selfs nog groter sondes as hierdie wys!”
Afrikaans 1933/1953 En Hy sê vir my: Het jy dit gesien, mensekind? Jy sal nog ander gruwels, groter as hierdie, sien.
Afrikaans 1983 Die Here het vir my gesê: “Sien jy, mens? Maar jy sal nog afskuweliker dinge as hierdie sien.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sê toe vir my: “Het jy dit gesien, mensekind? Jy sal nog erger afstootlike dade sien as dit.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het vir my gesê: “Mens, sien jy dit? Jy sal nog slegter dinge sien as hierdie dinge.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Het jy al ooit so iets in jou lewe gesien?” vra die Here. “Maar kom Ek gaan wys jou selfs nog groter slegte dade as dit!”