Ezekiel 8:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het hy my gebring na die ingang van die poort van die huis van die HERE wat na die noorde was; en kyk, daar sit vroue en huil oor Tammus.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het my na die noordelike hek van die Here se heilige woning gebring waar ’n klomp vroue gesit het. Hulle het verlangend na die afgod Tammus geroep.
Afrikaans 1933/1953 Hy het my toe gebring na die noordelike ingang van die poort by die huis van die HERE, en kyk, daar het die vroue gesit wat Tammus beween.
Afrikaans 1983 en Hy bring my by die ingang van die poort noord van die huis van die Here. Daar het vrouens gesit en huil oor Tammus.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy neem my toe na die ingang van die poort aan die noordekant van die huis van die Here; en daar sit vroue wat treur oor Tammus!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here bring my toe tot by die ingang van die poort noord van die tempel, en daar sien ek toe vroue sit, hulle was besig om te huil oor Tammus.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe vat die Here my na die deur aan die noordekant van die huis van die Here. Daar het ’n klomp vroue gesit. Hulle het gehuil omdat ’n afgod kwansuis op dié dag dood is, en die afgod Tammus gesê het hulle moet huil.