Ezekiel 8:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar het voor hulle gestaan sewentig man uit die oudstes van die huis van Israel, en in hulle midde het Jaäsanja, die seun van Safan, gestaan, met elkeen sy wierookpan in sy hand; en 'n dik wolk van reukwerk het opgegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar het 70 leiers van Israel gestaan met Jaäsanja seun van Safan in hulle midde. Elkeen van hulle het ’n wierookbak gehad. Daar het ’n dik wolk wierook bokant hulle koppe gehang.
Afrikaans 1933/1953 En sewentig manne uit die oudstes van die huis van Israel het daarvoor gestaan, en Jaäsanja, die seun van Safan, onder hulle; en elkeen het sy wierookpan in sy hand gehad, en die geur van die wolk van reukwerk het opgegaan.
Afrikaans 1983 Voor hulle het sewentig van Israel se leiers gestaan, met Jaäsanja seun van Safan tussen hulle, elkeen met sy wierookbak in die hand, en 'n geurige wierookwolk het opgestyg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sewentig manne van die oudstes van die huis van Israel het voor die afbeeldings gestaan, elkeen met sy pan met reukwerk in sy hand, terwyl Jaäsanja, seun van Safan, daar tussen hulle staan. 'n Geurige wolk reukwerk het opgestyg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Voor die tekeninge het 70 van die leiers van die volk Israel gestaan. Jaäsanja seun van Safan het tussen hulle gestaan. Elke leier het 'n wierook-pan in sy hand gehad, en die rook van die wierook het uit die panne opgekom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sewentig van Israel se leiers het daar in die versteekte kamer gestaan, met Jaäsanja, Safan se seun, tussen hulle. Elkeen van hierdie mense het wierook gebrand om die afgode te eer wat hulle aanbid het. Die hele kamer was sommer al donker van al die wierook.