Ezekiel 8:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het toe ingegaan en gesien; en kyk, elke vorm van kruipende diere en afskuwelike diere, en al die drekgode van die huis van Israel, rondom uitgestort op die muur.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het toe ingegaan. Ek het gesien dat die mure vol kruipende dinge en ander afskuwelike skepsels geteken was. Ek het ook die afgode van Israel gesien wat rondom teen die mure uitgekap is.
Afrikaans 1933/1953 Ek gaan toe in en kyk -- en daar was allerhande afbeeldinge van afskuwelike kruipende en viervoetige diere, en allerhande drekgode van die huis van Israel wat al rondom op die muur uitgesny was.
Afrikaans 1983 Ek het ingegaan en gekyk. Daar was afbeeldings van allerlei kruipende goed en diere, afskuwelike goed, en van allerlei afgode van Israel wat rondom teen die mure uitgekap is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het ingegaan, en toe ek kyk, is daar allerlei weersinwekkende afbeeldings van kruipende en ander diere, ook al die afgodsbeelde van die huis van Israel, uitgekerf op die muur reg rondom!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het gaan kyk, en daar sien ek toe dat mense oral teen die mure verskillende goed geteken en uitgekrap het. Dit was tekeninge van lelike diere, klein diertjies en groot diere, en tekeninge van al die ander afgode van die volk Israel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het toe in die versteekte kamer ingekruip. Ek sien toe die mure is vol geverf van slange, akkedisse en ander reptielagtige diere. Ek sien toe dis afbeeldings van afgode wat skelm deur die volk Israel aanbid word.