Ezekiel 8:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En in die sesde jaar, in die sesde maand, op die vyfde dag van die maand, terwyl ek in my huis gesit het en die oudstes van Juda voor my gesit het, het die hand van die HERE HERE daar op my geval. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op 17 September, in die sesde jaar wat koning Jojagin in ballingskap was, het die leiers van Juda in my huis gesit. En die hand van die oppermagtige Here was op my. |
| Afrikaans 1933/1953 | En in die sesde jaar, in die sesde maand, op die vyfde van die maand, terwyl ek in my huis sit en die oudstes van Juda voor my sit, het die hand van die Here HERE daar op my geval. |
| Afrikaans 1983 | Op die vyfde van die sesde maand, in die sesde jaar, het ek in my huis gesit, en die leiers van Juda het voor my gesit. Daar het die mag van die Here my God my toe plotseling in besit geneem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In die sesde jaar, op die vyfde dag van die sesde maand, het ek in my huis gesit, met die oudstes van Juda wat voor my sit. Toe het die hand van my Heer, die Here, daar oor my gekom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het in my huis gesit, en die leiers van Juda het voor my gesit. Dit was die vyfde dag van die sesde maand van die sesde jaar. Ek het gevoel die Here, Hy wat Here is, sit sy hand op my. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op die sewentiende September 592 v.C., in die sesde jaar dat ons saam met ons koning Jojagin as gevangenes weggeneem is na ’n vreemde land, was ek by my huis. Die leiers van my volk het by my gekuier. Ek het skielik bewus geraak daarvan dat die Here by my was en dat Hy Homself aan my wil wys. |