Ezekiel 7:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En my oog sal nie spaar nie, en Ek sal my nie ontferm nie; Ek sal jou vergelde volgens jou weë en jou gruwels wat in jou midde is; en julle sal weet dat Ek die HERE is wat slaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal jou nie verskoon en jou nie jammer kry nie. Ek sal jou straf oor jou gedrag en al jou afskuwelike dade. Dan sal jy weet dis Ek, die Here, wat jou geslaan het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En my oog sal nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie; Ek sal dit op jou laat neerkom volgens jou weë, en jou gruwels sal in jou midde wees; en julle sal weet dat Ek die HERE is wat slaan. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal jou nie verskoon nie, jou nie jammer kry nie. Ek gaan die straf vir wat jy gedoen het, oor jou laat kom; jou afskuwelike dade sal jou inhaal. Dan sal jy besef dat dit Ek, die Here, is wat jou straf. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal nie 'n traan stort nie, Ek sal nie deernis hê nie. Volgens jou optrede vergeld ek jou; jou afstootlike dade sal hulle in jou midde laat geld. Julle sal besef dat dit Ek, die Here, is wat toeslaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal julle nie vergewe nie en Ek sal nie jammer wees vir julle nie. Ek sal julle straf oor wat julle gedoen het, oor die dinge wat Ek haat, julle sal weet dit is Ek, die Here, wat julle straf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal jou nie spaar nie, en Ek sal jou ook nie jammer kry nie. Ek sal jou terugbetaal vir al die vieslike dade wat jy gedoen het. Dan sal jy weet dat dit Ek, die Here, is wat jou so slaan. |