Ezekiel 7:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nou sal Ek gou my grimmigheid oor jou uitstort en my toorn teen jou laat uitkom; en Ek sal jou oordeel volgens jou weë en jou vergelde vir al jou gruwels.
Afrikaans (NLV) 2011 Binnekort stort Ek my woede uit op jou. Ek sal jou oordeel oor jou optrede. Dan straf Ek jou vir jou afskuwelike gedrag.
Afrikaans 1933/1953 Nou sal Ek binnekort my grimmigheid oor jou uitgiet en my toorn teen jou laat uitwoed en jou oordeel volgens jou weë en al jou gruwels op jou laat neerkom.
Afrikaans 1983 Nou, binnekort, laat Ek my woede losbreek teen jou, Ek gaan my toorn op jou koel en jou straf vir wat jy gedoen het, Ek gaan die straf vir al jou afskuwelike dade oor jou laat kom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘Nou, binnekort, sal Ek oor jou, land van Israel, my woede uitstort; Ek sal my toorn op jou laat uitwoed. Ek sal jou vonnis volgens jou optrede, jou vergeld vir al jou afstootlike dade.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek is baie kwaad vir julle en Ek sal julle nou straf. Ek sal julle straf oor wat julle gedoen het, oor die slegte dinge wat julle gedoen het, dinge wat Ek haat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek gaan my humeur binnekort met jou verloor. Dan gaan Ek jou straf vir al die slegte dinge wat jy gedoen het.