Ezekiel 7:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Nou het die einde oor jou gekom, en Ek sal my toorn teen jou stuur en jou oordeel volgens jou weë en al jou gruwels op jou vergelde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nou het die einde aangebreek oor jou, want Ek laat my woede teen jou losbars. Ek gaan jou straf vir wat jy aangevang het. Ek roep jou tot verantwoording oor jou afskuwelike gedrag. |
| Afrikaans 1933/1953 | Nou is die einde oor jou, en Ek sal my toorn teen jou uitstuur en jou oordeel volgens jou weë en al jou gruwels op jou laat neerkom; |
| Afrikaans 1983 | Land, jou einde is daar, want Ek laat my toorn teen jou losbreek, Ek gaan jou straf vir wat jy gedoen het, Ek gaan die straf vir al jou afskuwelike dade oor jou laat kom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die einde is nou hier vir jou. Ek het my toorn teen jou losgelaat; Ek vonnis jou volgens jou optrede; Ek vergeld jou vir al jou afstootlike dade. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die einde is nou hier vir julle almal in die land, want Ek is baie kwaad vir julle. Ek sal julle straf oor die dinge wat julle gedoen het, Ek haat die dinge wat julle gedoen het, Ek sal julle straf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar’s geen hoop meer oor vir jou nie, want jy het My baie kwaad gemaak. Ek gaan jou straf. Ek roep jou nou nader sodat jy verslag kan kom doen oor al die vieslike dade wat jy aangevang het. |