Ezekiel 7:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom sal Ek die ergstes van die nasies bring, en hulle sal hul huise in besit neem; en hulle heiligdomme sal verontreinig word.
Afrikaans (NLV) 2011 Die wreedste nasies bring Ek om hierdie mense se huise vir hulleself te vat. Ek beëindig die trotsheid van die sterkes; hulle heiligdomme sal ontheilig word.
Afrikaans 1933/1953 Daarom sal Ek die kwaadaardigste nasies laat kom, wat hulle huise in besit sal neem, en Ek sal die trots van die sterkes laat ophou, en hulle heiligdomme sal ontheilig word.
Afrikaans 1983 Ek bring die slegste nasies, hulle sal die huise in die land vat. Ek maak 'n end aan die hoogmoed van die mense met mag, hulle heiligdomme sal ontwy word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal die slegste nasies bring, en hulle sal die inwoners se huise in besit neem. Ek sal 'n einde maak aan die trots van sterkes, en hulle heiligdomme sal ontheilig word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal die slegste volke bring, en hulle sal die huise vir hulleself vat. Ek sal die hoogmoedige mense wat regeer, laat sterf. Die vyande sal hulle tempels ontwy.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek bring die slegste en die wreedste nasies hiernatoe. Hulle sal julle huise vir hulle vat. Ek breek die groot huise af van almal wat so trots was op wat hulle het, en Ek trek ook weg uit my eie huis, die tempel daar in Jerusalem.