Ezekiel 7:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maak 'n ketting, want die land is vol bloedige misdade, en die stad is vol geweld.
Afrikaans (NLV) 2011 “Maak kettings gereed vir my volk, want die land is vol bloed deur verskriklike misdade. Jerusalem is vol geweld.
Afrikaans 1933/1953 Maak 'n ketting klaar, want die land is vol bloedgerigte en die stad is vol geweld.
Afrikaans 1983 Maak gereed die kettings vir die gevangenes, want die land se regters is moordenaars, die stad is vol geweld.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maak 'n ketting! Want die land is vol vonnisse oor moord, die stad is vol geweld.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet kettings gereed hou om gevangenes vas te bind. Hoekom? Omdat die mense wat regters moes wees, moordenaars is, hulle doen slegte dinge aan die mense in die stad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Maak my volk reg om as gevangenes na ’n ver en vreemde land weggevoer te word, want die mense wat in die howe moes werk, het self ’n spul moordenaars geword. Jerusalem is van hoek tot kant vol geweld.