Ezekiel 7:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal my aangesig van hulle afwend, en hulle sal my skuilplek ontheilig, want die rowers sal daarin ingaan en dit verontreinig.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal wegkyk wanneer hierdie rowers my kosbare land binneval en dit vernietig.
Afrikaans 1933/1953 Ook sal Ek my aangesig van hulle afwend, en hulle sal my skat ontheilig: inbrekers sal daar inkom en dit ontheilig.
Afrikaans 1983 Ek sal maak of Ek niks sien nie, en hulle sal my kosbare tempel ontwy, rowers sal daar inkom en dit ontwy.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal my gesig van hulle wegdraai, en hulle sal my kleinood ontheilig. Geweldenaars sal daar ingaan, dit ontheilig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal maak of Ek hulle nie sien nie, en hulle sal my kosbare tempel ontwy, wilde mense sal in die tempel kom en hulle sal dit ontwy.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal niks doen as diewe selfs die tempel, my eie huis hier op aarde wat vir My baie kosbaar is, besteel en van ’n kant af bemors nie.