Ezekiel 7:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal dit in die hand van die vreemdes gee as 'n buit en aan die goddelose van die aarde as 'n buit; en hulle sal dit verontreinig.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal dit weggee as buit vir vreemdelinge. Die slegste van die nasies sal dit onrein maak.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal dit in die hand van vreemdes oorgee as roof en aan die goddelose van die aarde as buit, dat hulle dit ontheilig.
Afrikaans 1983 “Ek gee dit oor aan vreemdes as buit; die goddeloses van die aarde sal dit roof en ontwy.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek gee dit in die hand van vreemdes as buit, aan die goddeloses van die aarde as oorlogsbuit, en hulle sal dit ontheilig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal die tempel gee vir mense uit ander lande. Hulle sal vat wat hulle wil hê, die slegte mense van die aarde sal die goed vat en hulle sal die tempel ontwy.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal hulle geld en hulle besittings vir die vyande gee wat Ek na hulle land toe gaan stuur. Diewe sal al hulle kosbare goed steel.