Ezekiel 7:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wat die prag van sy sieraad betref, Hy het dit in majesteit gestel; maar hulle het die beelde van hulle gruwels en hulle verfoeisels daarin gemaak; daarom het Ek dit ver van hulle af geplaas.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle was so trots op hulle goue juweliersware, en het dit gebruik om vir hulle walglike beelde en afskuwelike afgode te maak. Dis hoekom Ek hulle rykdom afskuwelik vir hulle sal maak.
Afrikaans 1933/1953 En die pragtige sieraad daarvan het hulle as voorwerp van trots opgestel, en die beelde van hul gruwels, hul verfoeisels het hulle daarmee gemaak; daarom het Ek dit vir hulle tot 'n voorwerp van afsku gemaak.
Afrikaans 1983 hulle was so trots op hulle versiersels, so ingenome daarmee, dat hulle daarvan vir hulle gode gemaak het, afskuwelike, walglike goed. Dit is waarom Ek hulle goud en silwer nutteloos laat word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) met die pragtige juwele van goud en silwer het hulle 'n voorwerp van trots opgerig; hulle afstootlike en verfoeilike afgodsbeelde het hulle daarmee gemaak. Daarom gee Ek dít aan hulle as •onrein afval.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het hoogmoedig geword oor die tempel wat so mooi was, en hulle het beelde daarin gesit, lelike beelde wat Ek haat. Daarom sê Ek die tempel is onrein.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle was so trots op al hulle goue juweliersware. Dis dieselfde juweliersware wat hulle gesmelt het om afgode te maak wat afskuwelik en walglik is. Dit is hoekom Ek nou sorg dat hulle geld en besittings waardeloos en walglik vir hulle sal word.