Ezekiel 7:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle sal hulle met rouklere omgord, en angs sal hulle oordek; en skaamte sal oor al die aangesigte wees en kaalheid op hulle hele hoofde.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle sal begrafnisklere aantrek en hulle aantrek met angs. Skaamte sal geskryf staan op hulle gesigte. Hulle sal hulle koppe kaal skeer.
Afrikaans 1933/1953 Ook sal hulle rouklere aangord, en angs sal hulle oordek; en oor al die aangesigte sal skaamte wees en op al hulle hoofde 'n kaalte.
Afrikaans 1983 die mense sal rouklere aantrek en skrikbevange raak; elke gesig sal verslae wees, elke kop kaalgeskeer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle sal rouklere ombind, en ontsetting sal hulle bedek. Elke gesig is vol skaamte, en al hulle koppe kaalgeskeer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sal rouklere aantrek en hulle koppe kaal skeer, hulle sal so bang wees dat hulle niks kan doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle sal hulle aantrek asof hulle op pad is na ’n begrafnis. Hulle sal heeldag bang wees. Hulle sal bewe vir enigiets wat hulle sien. En hulle sal hulle klaarmaak om as gevangenes na ’n vreemde land weggevat te word.