Ezekiel 7:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die wat van hulle ontvlug, sal ontvlug en op die berge wees soos duiwe van die valleie, almal treurend, elkeen oor sy ongeregtigheid.
Afrikaans (NLV) 2011 Die enkeles wat wel ontsnap en na die berge vlug, sal soos duiwe kla. Hulle sal huil oor hulle sondes.
Afrikaans 1933/1953 En die wat uit hulle ontvlug, sal ontvlug; maar hulle sal op die berge wees soos duiwe van die klowe wat almal klaag, elkeen vanweë sy ongeregtigheid.
Afrikaans 1983 Dié wat ontkom, sal op die berge skuil en soos die duiwe in die valleie saam sit en kla, elkeen oor sy sonde.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dié van hulle wat ontkom, sal in die berge wees soos duiwe van die valleie – hulle almal kla, elkeen oor sy sondeskuld.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense wat na die berge vlug en vry wegkom, sal almal sit en kla soos die duiwe in die valleie, elkeen sal kla oor wat hy verkeerd gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die paar mense wat oorleef en na die berge vlug, sal soos tortelduiwe klink wat koer soos hulle huil oor hulle sondes.