Ezekiel 7:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die swaard is buitekant, en die pes en die hongersnood binne; hy wat in die veld is, sal deur die swaard sterwe; en hy wat in die stad is, hongersnood en pes sal hom verteer.
Afrikaans (NLV) 2011 Enigiemand wat dit buite die stadsmure waag, sal deur die vyand doodgemaak word. En dié wat in die stad agterbly, sal doodgaan van hongersnood en pessiektes.
Afrikaans 1933/1953 Die swaard buite, en die pes en die hongersnood binne; hy wat in die veld is, sal deur die swaard sterwe; en hy wat in die stad is, hom sal die hongersnood en die pes verteer.
Afrikaans 1983 “Oorlog buite, pes en hongersnood binne: wie buite op die land is, sal in die oorlog sterf; wie in die stad is, sal verteer word deur honger en pes.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die swaard is daar buite, 'n epidemie en hongersnood daar binne. Wie in die veld is, sal deur die swaard sterf; wie in die stad is – hongersnood en die epidemie verteer hom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Buite sal daar oorlog wees, in die huise sal daar pes en honger wees. Mense wat in die veld is, sal sterf in die oorlog. Mense wat in die stad is, sal sterf van die pes en van honger.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Almal wat uit die stad wegvlug, sal deur vyande rondom die stad doodgemaak word. En die mense wat in die stad bly, sal doodgaan van hongersnood en dodelike siektes.