Ezekiel 7:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle het op die basuin geblaas om alles gereed te maak; maar niemand trek in die geveg nie, want my toorn is oor sy hele menigte. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die trompette roep Israel se weermag op om gereed te maak vir die geveg, maar niemand luister daarna nie. My woede is teen hulle gerig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle blaas met die trompet en maak alles klaar, maar niemand trek na die oorlog toe nie; want my toorngloed is oor die hele menigte van die land. |
| Afrikaans 1983 | Hulle kan maar die ramshoring blaas en alles gereed maak vir die geveg, maar hulle sal nie eens die geveg kan begin nie, want my toorn rus op almal in die land. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle blaas op die •ramshoring, maak alles gereed, maar niemand gaan oorlog toe nie; want my toorngloed is gerig teen Jerusalem se hele menigte. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het die ramshoring geblaas en alles gereedgemaak, maar niemand sal oorlog kan maak nie, want Ek is kwaad en Ek sal hulle straf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die hele weermag van Israel is opgeroep om te kom veg, maar die geveg sal nie eens begin nie. Want voor jy kan begin veg, tref my straf almal wat in die land woon. |