Ezekiel 7:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die verkoper sal nie terugkeer na wat verkoop word nie, alhoewel hulle nog in die lewe was; want die gesig raak die hele menigte daarvan, wat nie sal terugkeer nie; en niemand sal hom versterk in die ongeregtigheid van sy lewe nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Sou enige handelaars oorleef, sal hulle nooit weer kan terugkeer na hulle besigheid nie. Want wat Hy gesê het, geld vir almal. Dit kan nie verander word nie! Nie een mens se lewe deur sonde verwring, sal herstel nie.”
Afrikaans 1933/1953 Want die verkoper sal nie teruggaan na wat verkoop is nie -- ook as hy nog in die lewe is; want die gesig aangaande die hele menigte van die land sal nie herroep word nie, en niemand sal homself deur sy ongeregtigheid in sy lewenskrag versterk nie.
Afrikaans 1983 Die verkoper sal wat hy verkoop het, nie terugkry nie, al leef hy en die koper altwee nog. Wat Ek oor almal in die land bekend gemaak het, staan vas: almal is skuldig, niemand sal sy lewe behou nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, die verkoper sal nie terugkeer na dit wat hy verkoop het nie, al leef hulle al twee nog; want die openbaring geld vir al die rykdom van die land; dit sal nie herroep word nie. “ ‘Weens sy sondeskuld sal niemand die lewe kan behou nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want die mense wat verkoop het, sal nie die goed terugkry wat hulle verkoop het nie, ook nie as hulle en die mense wat gekoop het, nog almal lewe nie. Ek het vir die profeet gewys wat met hulle almal sal gebeur, en dit sál gebeur. Hulle het verkeerd gedoen en hulle sal nie aanhou lewe nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En as enigiemand wat besigheid doen die ramp sou oorleef, sal hulle in elk geval nooit weer kan terugkeer na hulle besigheid nie. Want wat God gesê het, geld vir almal. Hulle is almal ewe skuldig voor My oor hulle slegte dade. Niemand sal op die ou end bly lewe nie.