Ezekiel 7:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die tyd het gekom, die dag kom naby; laat die koper nie bly wees en die verkoper nie treur nie, want toorn is oor sy hele menigte. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ja, die tyd het gekom! Die dag is hier dat die een wat koop, nie bly moet wees nie, en dié wat verkoop nie spyt sal wees nie, want my woede rus op almal in die land. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die tyd het gekom, die dag is naby; laat die koper nie bly wees nie en die verkoper nie treur nie; want toorngloed is daar oor die hele menigte van die land. |
| Afrikaans 1983 | “Die tyd het gekom, die dag het aangebreek dat die een wat koop, nie bly moet wees nie, en die een wat verkoop, nie spyt nie, want die toorn van die Here rus op almal in die land. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die tyd het aangebreek, die dag is naby. Die koper moet nie bly wees nie, en die verkoper moet nie treur nie, want 'n toorngloed kom oor alle rykdom van die land. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die tyd het gekom, die dag is hier. Mense wat koop, moenie bly wees nie, en mense wat verkoop, moenie jammer wees nie, want die Here sal hulle almal straf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ja, die dag dat die oordeel aanbreek, het nou gekom. Dit is vandag. Mense wat dink dat hulle vandag nog iewers ’n winskoop raakgeloop het in ’n saketransaksie, moenie daaroor bly wees nie. En mense wat besigheid doen en ’n verlies gemaak het, moenie daaroor huil nie. Want hulle almal gaan my straf ervaar. |