Ezekiel 7:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Geweld het verrys tot 'n roede van goddeloosheid: geeneen van hulle sal oorbly nie, ook nie van hulle menigte of van hulle s'n nie, en daar sal oor hulle nie geween word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Geweld sal teen hulle losbreek as straf oor hulle afskuwelike optrede. Van die trotse en bose mense sal nie een oorleef nie. Al hulle skatte sal saam met hulle vergaan.
Afrikaans 1933/1953 Die geweld het opgegroei tot 'n roede van goddeloosheid; niks van hulle sal oorbly nie of van hulle menigte of van hulle gedruis, en niks heerliks sal aan hulle wees nie.
Afrikaans 1983 Die goddelose heerskappy sal met geweld te doen kry, maar nie van die kant van die inwoners van die land nie, nie deur hulle verset, hulle protes nie, nie deur 'n klag van hulle kant nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die geweld het opgestaan as 'n tugroede vir goddeloosheid. Niks van hulle bly oor nie – niks van hulle rykdom, niks van hulle prag en praal, niks voortrefliks onder hulle nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het slegte dinge gedoen aan mense en hulle het sleg regeer. Hulle het gesê niemand mag kla oor hulle nie. Daar sal niks oorbly van hulle almal nie, niks van alles wat hulle gesê het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het ander mense gewelddadig behandel, en nou sal hulle gewelddadig behandel word om hulle terug te kry vir al hulle slegte dade. Nie een van daardie slegte mense wat so trots op hulself is, sal die ramp oorleef wat Ek stuur nie. Hulle sal alles verloor wat hulle besit.