Ezekiel 7:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, die dag, kyk, dit kom; die môre het verbygegaan; die roede het gebloei, trots het gebot.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die dag van oordeel is hier. Jou vernietiging wag! Die volk se afskuwelike dade en trots het ’n klimaks bereik.
Afrikaans 1933/1953 Kyk, die dag, kyk, hy kom! Die lotsverandering het uitgegaan, die roede het gebloei, die trotsheid het uitgespruit.
Afrikaans 1983 “Die dag is hier, dit kom, die ergste gaan gebeur. Soos die mag toegeneem het, het die eiegeregtigheid toegeneem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ Kyk, die dag! Kyk, dit het aangebreek! Die ondergang spruit uit; die tugroede blom; die verwaandheid dra vrug.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die dag is hier, dit het gekom. Die slegste dinge sal gebeur. Die mense wat regeer, word nog meer wreed, hulle is hoogmoedig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die dag het aangebreek dat Ek jou gaan veroordeel. Jy gaan heeltemal vernietig word. Die mense se slegte dade was nog nooit so baie soos nou nie, en dan is hulle nogal ewe trots op hulleself!