Ezekiel 6:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Ek sal 'n oorblyfsel laat, sodat julle sommige kan hê wat die swaard sal ontvlug onder die nasies, wanneer julle verstrooi word deur die lande.
Afrikaans (NLV) 2011 “Tog sal Ek enkeles onder my mense aan die verwoesting laat ontsnap, en hulle sal onder die nasies van die wêreld verstrooi word.
Afrikaans 1933/1953 Maar Ek sal 'n oorblyfsel bewaar deurdat daar vir julle sommige sal wees wat onder die nasies die swaard ontvlug, as julle verstrooi is in die lande.
Afrikaans 1983 “Tog sal Ek party dit laat oorleef, Ek sal party van julle aan die swaard laat ontkom wanneer julle oor baie lande onder die nasies verstrooi word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ “ Ek sal sommige laat oorbly wanneer julle, tydens julle verstrooiing in ander lande tussen die nasies, aan die swaard ontkom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar julle sal nie almal in die oorlog sterf nie. Party van julle sal vry wegkom en hulle sal tussen die ander volke gaan woon. Ek sal hulle na daardie lande laat gaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “’n Klompie van die mense sal die rampe oorleef wat Ek oor hierdie land bring. Hierdie groepie sal oor die hele wêreld tussen al die nasies moet gaan bly as gevangenes van hulle vyande.