Ezekiel 6:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En julle altare sal 'n wildernis word en julle beelde verbreek word; en Ek sal julle wat verslaan is, voor julle drekgode neerwerp. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al julle altare sal stukkend geslaan word, en julle wierookaltare sal uitmekaargebreek word. En Ek sal julle mense voor julle afgode doodmaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | en julle altare sal verwoes en julle sonpilare verbreek word; en Ek sal die wat uit julle verslaan is, neerwerp voor julle drekgode; |
| Afrikaans 1983 | julle altare verwoes, julle wierookaltare stukkend breek, die mense dood voor hulle afgode laat neerval. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle altare sal verwoes word, julle wierookaltare sal stukkend gebreek word, en Ek sal julle gesneuweldes voor julle afgodsbeelde laat neerval. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die vyande sal julle altare afbreek en hulle sal julle wierook-altare stukkend slaan. Ek sal julle mense wat in die oorlog sterf, laat val voor julle afgode. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al die altare wat op julle opgerig is, sal vernietig word. Ook die altare waarop wierook vir heidense gode verbrand is, sal stukkend geslaan word. Ek sal die mense wat die heidense gode aanbid, voor die altare doodmaak. |