Ezekiel 6:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sal Ek dan my hand teen hulle uitstrek en die land 'n wildernis maak, ja, 'n wildernis as die woestyn na Diblat toe, in al hulle woonplekke; en hulle sal weet dat Ek die HERE is.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal hulle met my hand stukkend druk en hulle land verlate laat, vanaf die wildernis in die suide tot Ribla in die noorde. Dan sal hulle weet dat Ek die Here is.”
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal my hand teen hulle uitstrek en sal die land 'n wildernis maak en 'n woesteny, van die Woestyn af tot by Ribla in al hulle woonplekke. En hulle sal weet dat Ek die HERE is.
Afrikaans 1983 Ek sal teen hulle optree en die land 'n verlate, skrikwekkende plek maak, van die woestyn af tot by Ribla, oral waar hulle woon. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal my hand teen hulle uitstrek en die land 'n woesteny maak, 'n afgryslike plek, van die woestyn af tot by Ribla, oral waar hulle woon. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.” ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal my hand uitsteek en hulle straf en Ek sal die land 'n plek maak waar niemand woon nie. Almal sal skrik vir die land, van die woestyn tot by die stad Ribla, oral waar hulle woon. Dan sal hulle weet dat Ek die Here is.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal julle verpletter en vermorsel. Ek sal julle stede verlate plekke maak, plekke waar g’n lewende mens woon nie. Julle hele land sal verwoes en verlate bly lê. En dan sal Israel besef dat Ek regtig die Here is.”