Ezekiel 6:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan sal julle weet dat Ek die HERE is, wanneer hulle gesneuweldes onder hulle drekgode sal wees rondom hulle altare, op elke hoë heuwel, op al die toppe van die berge en onder elke groen boom en onder elke digte eikeboom, die plek waar hulle lieflike geur aan al hulle afgode gegee het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan, wanneer hulle lyke tussen hulle afgode en altare verstrooi lê, sal hulle weet en erken dat Ek alleen die Here is. Dit sal wees op elke heuwel en berg en onder elke groen boom en groot eik waar hulle wierook vir hulle gode gebrand het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En julle sal weet dat Ek die HERE is, as die wat uit hulle verslaan is, onder hulle drekgode lê rondom hulle altare op elke hoë heuwel, op al die bergtoppe en onder elke groen boom en onder elke digte terpentynboom, die plek waar hulle aan al hulle drekgode 'n lieflike offergeur gebring het. |
| Afrikaans 1983 | Wanneer die lyke tussen hulle afgode lê rondom hulle altare op elke hoë heuwel, op elke bergtop, onder elke groen boom, elke welige groot boom, op elke plek waar hulle geoffer het vir al hulle afgode, sal hulle besef dat Ek die Here is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle sal besef dat Ek die Here is wanneer hulle gesneuweldes tussen hulle afgodsbeelde lê, reg rondom hulle altare, op elke hoë heuwel, op al die bergtoppe, onder elke skaduryke boom, onder elke blaarryke terebintboom, die plekke waar hulle offers met 'n aangename geur vir al hulle afgodsbeelde aangebied het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle sal weet dat Ek die Here is wanneer julle sien die mense lê tussen hulle afgode rondom hulle altare, die mense wat in die oorlog gesterf het. Dit sal gebeur op elke hoë heuwel, bo-op die berge, onder elke groen boom, elke groot boom met baie takke, elke plek waar hulle vir al hulle afgode ge-offer het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan, wanneer julle lyke tussen julle afgode en die altare vir julle afgode lê op al die plekke waar julle die afgode aanbid het, sal julle besef dat Ek alleen die Here is. Net Ek! |