Ezekiel 6:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy wat ver is, sal deur die pes sterf; en hy wat naby is, sal deur die swaard val; en hy wat oorbly en beleër word, sal deur die hongersnood sterwe; so sal Ek my grimmigheid teen hulle laat uitkom.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle wat ver weg in ballingskap gevoer is, sal deur die pes getref word en dié wat naby is, sal in gevegte omkom. En enigeen wat oorbly en nog oorleef, sal in die hongersnood doodgaan. So sal Ek my woede op hulle afkoel.
Afrikaans 1933/1953 Hy wat ver is, sal deur die pes sterwe; en hy wat naby is, sal deur die swaard val; en hy wat oorgebly het en gespaar is, sal deur die hongersnood sterwe. So sal Ek dan my grimmigheid teen hulle laat uitwoed.
Afrikaans 1983 Wie ver is, sal aan pes doodgaan; wie naby is, sal in die oorlog val; en wie oor is en behoue gebly het, sal van honger doodgaan. Dan sal my woede op hulle gekoel wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie ver weg is – aan pessiekte sal hy sterf; wie naby is – deur die swaard sal hy val; wie oorbly, wie se lewe gespaar is – van honger sal hy omkom. Ek sal my woede op hulle laat uitwoed.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense wat ver is, sal sterf van pes, die mense wat naby is, sal sterf in oorlog. Die mense wat oorbly en wat nog lewe, sal sterf van honger. Ek is baie kwaad, Ek sal nie ophou om hulle te straf nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wie ver is, sal ’n dodelike siekte kry en doodgaan. Wie naby is, sal deur die vyand doodgemaak word. Wie oorbly en die siektes en oorloë oorleef, sal van die honger doodgaan. Dan eers sal my woede oor julle sonde bedaar.