Ezekiel 6:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sê die HERE HERE: Slaan met jou hand en stamp met jou voet en sê: Wee al die bose gruwels van die huis van Israel! want hulle sal val deur die swaard, deur die hongersnood en deur die pes.
Afrikaans (NLV) 2011 “Dit is wat die oppermagtige Here sê: Klap jou hande en stamp jou voete van ontsteltenis. Roep uit ‘Ag, nee!’ oor al die afskuwelike dinge wat die mense van Israel aangevang het. Hulle sal omkom deur oorloë, hongersnood en pessiektes.
Afrikaans 1933/1953 So sê die Here HERE: Slaan in jou hand, en stamp met jou voet, en sê: Wee oor al die growwe gruweldade van die huis van Israel, omdat hulle deur die swaard, die honger en die pes moet val.
Afrikaans 1983 So sê die Here my God: “Slaan jou hande inmekaar, stamp met jou voete, kerm oor al die bose, afskuwelike dade van Israel: hulle gaan sterf deur oorlog, deur hongersnood, deur pes.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘So sê my Heer, die Here: “Klap jou hande en stamp jou voete, en sê, ‘Helaas!’ oor al die afstootlike, bose dade van die huis van Israel, want deur die swaard, hongersnood en pessiekte sal hulle val.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here, Hy wat Here is, sê: “Jy moet jou hande teen mekaar slaan, jy moet jou voete stamp, jy moet kla oor die slegte, lelike dinge wat die volk Israel gedoen het. Hulle sal sterf in oorlog, hulle sal sterf van honger en van pes.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So sê die Here, die God van Esegiël: “Slaan julle hande in skok saam. Snak na julle asem van skok. Roep uit; kerm en kla. Want die rampe wat vir Israel voorlê, is te verskriklik vir woorde. Mense gaan links en regs doodgemaak word in oorloë, deur hongersnood en deur dodelike siektes.