Ezekiel 6:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle sal weet dat Ek die HERE is, en dat Ek nie verniet gesê het dat Ek hulle hierdie kwaad sou aandoen nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan sal hulle erken dat Ek alleen die Here is en dat Ek ernstig was toe Ek gedreig het dat al hierdie dinge met hulle gaan gebeur. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle sal weet dat Ek die HERE is; Ek het nie tevergeefs gespreek dat Ek hulle hierdie onheil sal berokken nie. |
| Afrikaans 1983 | Hulle sal besef dat Ek die Here is en dat Ek nie verniet gesê het dat Ek hierdie onheil oor hulle sal bring nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en hulle sal besef dat Ek die Here is. Nie tevergeefs sê Ek dat Ek hulle hierdie onheil sal aandoen nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan sal hulle weet dat Ek die Here is. Ek het gesê dat Ek hierdie slegte dinge met hulle sal laat gebeur, en Ek het nie net gepraat nie, Ek sal dit ook doen.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daardie dag sal hulle erken dat Ek alleen die Here is. En dan sal hulle weet dat Ek doodernstig was toe Ek voorspel het dat al hierdie verskriklike rampe oor hulle gaan kom.” |