Ezekiel 5:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek sal aan jou doen wat ek nie gedoen het nie, en waarmee ek nie meer so iets sal doen nie, vanweë al jou gruwels.
Afrikaans (NLV) 2011 Oor al die afskuwelike dinge wat jy gedoen het, sal Ek met jou doen wat Ek nog nooit gedoen het nie, en wat Ek ook nooit weer sal doen nie.
Afrikaans 1933/1953 en om al jou gruwels ontwil sal Ek aan jou doen wat Ek nooit gedoen het nie, en wat Ek so nooit weer sal doen nie.
Afrikaans 1983 Ek gaan oor al jou afskuwelike dade aan jou doen wat Ek nog nie gedoen het nie en nie weer sal doen nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Oor al jou afstootlike dade sal Ek in jou doen wat Ek nog nooit gedoen het nie, en so iets sal Ek nooit weer doen nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek wil iets met julle doen wat Ek nog nie voorheen gedoen het nie en wat Ek nie weer sal doen nie. Ek wil dit doen omdat julle so baie slegte dinge gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek gaan jou swaarder straf oor jou afskuwelike optrede as wat Ek enigeen nog ooit gestraf het of ooit weer sal straf.