Ezekiel 5:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, so sê die HERE HERE: Kyk, Ek is ook teen jou, en Ek sal strafgerigte in jou midde voltrek voor die oë van die nasies. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | het Ek, die oppermagtige Here, nou self jou vyand geword. Ek sal jou in die openbaar straf terwyl al die nasies toekyk. |
| Afrikaans 1933/1953 | daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, ja, Ek! En Ek sal strafgerigte in jou midde oefen, voor die oë van die nasies; |
| Afrikaans 1983 | “Daarom,” so sê die Here my God, “gaan Ek nou ook jou teenstander word, Jerusalem, Ek gaan jou straf voor die oë van die nasies. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | daarom,” so sê my Heer, die Here, “is dit Ek teen jou, Jerusalem – ja, Ek! Ek sal in jou midde, voor die oë van die nasies die vonnisse voltrek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom sê Ek, die Here: Julle moet dit weet, Ek is nou julle vyand, ja, Ek self. Ek wil regter wees in die stad en Ek wil julle oordeel waar die ander volke dit kan sien. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom,” sê die Here, Esegiël se God, “word Ek die Een wat teen jou gaan veg, Jerusalem. Ek self gaan jou straf, terwyl al die ander volke toekyk. |