Ezekiel 5:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, so sê die HERE HERE: Omdat julle meer vermeerder het as die nasies wat rondom julle is, en in my insettinge nie gewandel en my verordeninge nie onderhou het nie en nie gehandel het volgens die verordeninge van die nasies wat rondom julle is nie;
Afrikaans (NLV) 2011 “Dis wat die oppermagtige Here sê: Omdat jy geweier het om die wette en bepalings te gehoorsaam en slegter opgetree het as jou bure,
Afrikaans 1933/1953 Daarom, so sê die Here HERE: Omdat julle opstandiger is as die nasies wat rondom julle is, in my insettinge nie gewandel en my verordeninge nie betrag het nie -- selfs na die verordeninge van die nasies wat rondom julle is, nie gehandel het nie;
Afrikaans 1983 So sê die Here my God: “Julle het erger te kere gegaan as die nasies rondom julle toe julle nie volgens my voorskrifte en my bepalings geleef het nie; julle het nie eens volgens die gebruike van die nasies rondom julle geleef nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Daarom,” so sê my Heer, die Here, “omdat julle nog meer in verset was as die nasies rondom julle, my vaste voorskrifte nie gevolg het nie, my bepalings nie uitgevoer het nie, maar die gebruike van die nasies rondom julle nagevolg het,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here, Hy wat Here is, sê: “Julle het slegter dinge gedoen as die volke wat rondom julle is, julle het nie gelewe soos Ek gesê het nie en julle het nie gedoen wat Ek wil hê nie. Julle het slegter gelewe as die volke rondom julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy was selfs nog slegter as die nasies wat rondom haar was. Sy het geweier om die wette na te kom wat Ek vir haar gegee het om te gehoorsaam.