Ezekiel 5:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sy het my verordeninge in goddeloosheid verander, meer as die nasies, en my insettinge meer as die lande wat rondom haar is; want hulle het my verordeninge en my insettinge verwerp en daarin nie gewandel nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar sy het in opstand teen my bepalings gekom en was boser as die nasies in die omgewing.Sy het geweier om die wette te gehoorsaam wat Ek vir haar gegee het.
Afrikaans 1933/1953 Maar dit was wederstrewig teen my verordeninge, goddeloser as die nasies, en teen my insettinge meer as die lande daar rondomheen; want hulle het my verordeninge verwerp en in my insettinge nie gewandel nie.
Afrikaans 1983 Maar hy het hom verset teen my bepalings en my voorskrifte, hy was erger as die nasies en die lande rondom hom. Sy inwoners het my bepalings verwerp en het nie volgens my voorskrifte geleef nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar sy het in opstand gekom teen my bepalings, en teen my vaste voorskrifte, om sodoende meer goddeloos te wees as die nasies, as die lande wat rondom haar is. Ja, haar inwoners het my bepalings verwerp, en my vaste voorskrifte het hulle nie gevolg nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die mense van die stad was opstandig teen My. Hulle het nie gedoen wat Ek wou hê en wat Ek gesê het nie, hulle het meer verkeerd gedoen as die ander volke en die mense van die lande wat rondom die stad is. Hulle het gedink die dinge wat Ek wil hê, is nie belangrik nie, en hulle het nie gelewe soos Ek gesê het nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar Jerusalem het teen My in opstand gekom en nie gedoen wat Ek vir haar gesê het om te doen nie.