Ezekiel 5:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Neem dan weer van hulle en gooi hulle in die middel van die vuur en verbrand dit met vuur; want daaruit sal 'n vuur uitgaan in die hele huis van Israel.
Afrikaans (NLV) 2011 Vat dan ’n bietjie van dié hare en gooi dit in die vuur en verbrand dit. Dan sal ’n vuur daarvandaan uitgaan en die hele Israel vernietig.
Afrikaans 1933/1953 en daarvan moet jy nog weer neem en dit binne-in die vuur gooi en dit met vuur verbrand; daar sal vuur van uitgaan in die hele huis van Israel.
Afrikaans 1983 en van hulle moet jy nog 'n paar vat en in die vuur gooi en verbrand. Daar sal 'n vuur daarvandaan uitgaan na die hele Israel toe.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en daarvan moet jy nog neem en dit in die vuur gooi; jy moet dit verbrand. Daarvan sal daar 'n vuur uitgaan na die hele huis van Israel. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En jy moet 'n klein bietjie van hierdie baard en hare neem en in die vuur gooi en dit verbrand. 'n Vuur sal daar begin brand en dit sal gaan na die hele volk Israel.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vat dan ’n paar van dié hare en gooi hulle in die vuur. Hulle moet verbrand word. Van daar af sal ’n vuur uitgaan en die mense wat van Israel oorgebly het, verteer en vernietig.”