Ezekiel 5:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jy moet 'n derde deel in die middel van die stad met vuur verbrand, as die dae van die beleëring verby is; en jy moet 'n derde deel neem en dit met 'n mes slaan, en 'n derde deel moet jy in die wind strooi; en Ek sal 'n swaard agter hulle uittrek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Wanneer die beleëringsdae verby is, verbrand ’n derde daarvan in die middel van jou kaart van Jerusalem. Gooi nog ’n derde daarvan rondom die stad en kap dit stukkend met ’n swaard. Gooi die laaste derde in die wind, want Ek sal my volk met die swaard verstrooi. |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n derde deel moet jy binne-in die stad met vuur verbrand as die dae van die beleëring verby is; dan moet jy 'n derde deel neem en met die swaard stukkend kap rondom die stad, en 'n derde deel moet jy in die wind strooi; en Ek sal 'n swaard agter hulle uittrek. |
| Afrikaans 1983 | 'n Derde moet jy binne-in die stad verbrand sodra die beleg verby is, 'n derde moet jy met die swaard rondom die stad fynkap, en 'n derde moet jy deur die wind laat wegwaai. Ek sal hulle met die swaard agtervolg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Een derde moet jy binne die stad verbrand sodra die tyd van die beleg verby is, een derde moet jy neem en met die swaard fynkap al om die stad, en een derde moet jy in die wind uitstrooi. Met ontblote swaard sal Ek dit agtervolg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet een derde van die hare in die stad verbrand wanneer die vyande die stad oorwin, die stad wat jy op die baksteen geteken het. Dan moet jy een derde van die hare neem en jy moet dit met die swaard in klein stukkies kap en dit rondom die stad gooi. Daarna moet jy een derde van die hare in die wind gooi sodat dit wegwaai. Ek sal self die mense van die stad volg en jaag met my swaard. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vat dan een derde van die hare en plaas dit in die middel van jou kaart van Jerusalem wat op die baksteen geteken is. As die stad oorwin is, verbrand dan dié hare. Vat die tweede hopie hare en strooi dit oor die kaart uit. Terwyl jy dit uitstrooi, moet jy dit met jou swaard kap. En strooi die laaste hopie hare die wêreld vol. Net so gaan Ek my volk deur oorlog verstrooi. |