Ezekiel 5:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom sal Ek hongersnood en bose diere oor jou stuur, en hulle sal jou beroof; en pes en bloed sal deur jou trek; en Ek sal die swaard oor jou bring. Ek, die HERE, het dit gespreek.
Afrikaans (NLV) 2011 Saam met die hongersnood sal wilde diere julle aanval en julle van julle kinders beroof. Siekte en oorlog sal deur julle land woed, en Ek sal die vyand se swaard teen julle bring. Dit is Ek, die Here, wat praat!”
Afrikaans 1933/1953 Ja, hongersnood en wilde diere wat jou kinderloos sal maak, sal Ek oor julle stuur; ook sal pes en bloedvergieting in jou rondgaan, en Ek sal 'n swaard oor jou bring. Ek, die HERE, het dit gespreek.
Afrikaans 1983 Ek bring hongersnood en 'n roofdierplaag oor julle wat julle kinders sal uitroei; pes en bloedvergieting sal julle tref, Ek bring oorlog oor julle. Ek, die Here, sê dit.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal teen julle hongersnood en ongediertes stuur, en hulle sal jou, Jerusalem, kinderloos maak. 'n Epidemie en bloedvergieting sal jou oorweldig, en 'n swaard sal Ek teen jou bring. Ek, die Here, het gepraat.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek stuur honger en wilde diere na julle toe. Hulle sal julle kinders doodmaak. Daar sal pes in die stad kom, en baie mense sal in oorlog sterf. Ek bring vyande na julle toe om julle dood te maak. Ek, die Here, het gepraat.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ja, Ek stuur ’n hongersnood. Wilde diere en roofdiere sal julle aanval en julle kinders doodmaak. Ek stuur pessiektes en oorlog teen julle. Ek stuur die vyand wat julle met oorlog sal uitroei. Ek, die Here, het met julle gepraat.”