Ezekiel 5:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wanneer Ek die bose pyle van hongersnood na hulle stuur, wat tot hulle vernietiging sal wees, en wat Ek sal stuur om jou te vernietig; en Ek sal die hongersnood oor jou vermeerder en jou staf van brood verbreek;
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek sal dodelike pyle van hongersnood op julle afskiet om julle te vernietig. Die hongersnood sal al erger word totdat elke krummeltjie kos op is.
Afrikaans 1933/1953 As Ek die verderflike pyle van hongersnood teen hulle uitstuur wat tot verwoesting is, wat Ek uitstuur om julle te vernietig, dan sal Ek die hongersnood oor julle vermeerder, en julle staf van die brood sal Ek verbreek.
Afrikaans 1983 “Wanneer Ek my pyle op julle, inwoners van Jerusalem, afskiet, doen Ek dit juis om julle uit te roei. My pyle is swaar hongersnood waardeur julle uitgeroei sal word, en Ek sal dit al erger laat word, Ek sal julle kos laat opraak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit sal gebeur wanneer Ek die dodelike pyle van hongersnood wat verwoesting saai op julle afskiet – die pyle wat Ek afskiet om julle uit te delg. Ek sal die hongersnood teen julle nog erger maak; Ek sal julle broodstok breek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) wanneer Ek my pyle wat doodmaak na hulle toe skiet. Die pyle is die hongersnood wat hulle sal laat sterf. Ek sal hulle meer en meer honger laat word en Ek sal hulle kos laat opraak sodat hulle sterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek sal elke dag op julle skiet totdat Ek julle uitgeroei het, mense wat in Jerusalem bly. Ek sal julle skiet met ’n tekort aan kos wat al erger sal word totdat julle van die honger doodgaan omdat elke krummeltjie kos gedaan is. Die hongersnood sal al erger word totdat niemand meer kan oorleef nie.