Ezekiel 5:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sal dit dan 'n smaad en 'n smaad wees, 'n tug en 'n verbasing vir die nasies wat rondom jou is, wanneer Ek strafgerigte aan jou voltrek in toorn en in grimmigheid en in grimmige teregwysings. Ek, die HERE, het dit gespreek.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle sal jou spot en jou uitlag en beledig. Jy sal ’n waarskuwing en afskrikmiddel wees vir die volke rondom jou. Hulle sal sien wat gebeur wanneer die Here teen ’n volk draai as Hy kwaad is. “Dit is Ek, die Here, wat praat!
Afrikaans 1933/1953 En dit sal 'n voorwerp van smaad en skimp wees, 'n waarskuwing en 'n voorwerp van verbasing vir die nasies wat rondom jou is, as Ek strafgerigte in jou oefen in toorn en grimmigheid en in grimmige strawwe; Ek, die HERE, het dit gespreek.
Afrikaans 1983 Die nasies rondom jou sal die spot met jou dryf en jou uitlag, jy sal dien as 'n waarskuwing en 'n afskrikmiddel vir hulle wanneer Ek jou in my toorn en in my woede straf en jou vir jou dade laat boet. Ek, die Here, sê dit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy sal 'n voorwerp van spot en hoon wees, 'n waarskuwing en verskrikking vir die nasies rondom jou, wanneer Ek in toorn en woede en met woedende bestraffings die vonnisse teen jou voltrek. Ek, die Here, het gepraat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer Ek besluit om die mense van Jerusalem te straf omdat Ek kwaad is vir hulle, baie kwaad, dan sal die volke wat rondom hulle woon, hulle spot en beledig. Die volke sal skrik oor wat Ek met Jerusalem doen
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al die mense sal vir jou lag en jou spot. Jy sal ’n waarskuwing wees aan ander dat God se oordeel hulle ook gaan tref as hulle nie dadelik ophou met hulle slegte dade nie. Hulle sal sien hoe Ek die volk in my woede straf as Ek jou die dag vir jou dade laat boet.