Ezekiel 5:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal jou 'n puinhoop en 'n smaad maak onder die nasies wat rondom jou is, voor die oë van almal wat verbygaan.
Afrikaans (NLV) 2011 “En so verander Ek jou in ’n puinhoop, en die omringende nasies en elkeen wat verbygaan, sal met jou spot.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal jou 'n puinhoop en 'n voorwerp van smaad maak onder die nasies wat rondom jou is, voor die oë van almal wat verbygaan.
Afrikaans 1983 “Ek maak jou 'n puinhoop, Jerusalem, Ek maak jou die spot van die nasies rondom jou. Almal wat by jou verbygaan, sal dit sien.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Ek sal jou 'n puinhoop maak, 'n bespotting van die nasies rondom jou, ten aanskoue van elke verbyganger.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal Jerusalem verwoes, sodat dit net 'n hoop klippe is. Die volke wat rondom die stad woon, sal spot met die stad. Elkeen wat daar verbykom, sal dit hoor.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek verander Jerusalem in ’n ruïne. Al die nasies wat rondom jou bly, sal met Jerusalem spot. En almal wat naby die stad verbygaan, sal ook met die puinhope die spot dryf.