Ezekiel 5:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | 'n Derde deel van jou sal deur die pes sterwe, en deur hongersnood sal hulle in jou midde verteer word; en 'n derde deel sal rondom jou deur die swaard val; en Ek sal 'n derde deel in al die winde verstrooi en 'n swaard agter hulle uittrek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Derde van jou volk sal in die stad van hongersnood en siekte omkom. ’n Derde sal deur die vyand buite die stadsmure doodgemaak word. En ’n derde sal Ek in die wind verstrooi en hulle met my swaard agtervolg. |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n Derde deel van jou sal aan die pes sterwe en deur hongersnood in jou omkom; en 'n derde deel sal deur die swaard rondom jou val; en 'n derde deel sal Ek na al die windstreke verstrooi, en Ek sal 'n swaard agter hulle uittrek. |
| Afrikaans 1983 | Een derde van jou inwoners sal van pes doodgaan of van honger omkom in jou, een derde sal rondom jou met die swaard doodgemaak word en een derde sal Ek na alle windrigtings toe verstrooi en met die swaard agtervolg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Een derde van jou inwoners sal van die epidemie sterf of in jou van honger omkom; een derde sal deur die swaard val rondom jou; een derde sal Ek in alle windrigtings uitstrooi, en met ontblote swaard sal Ek hulle agtervolg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Een derde van julle sal in die stad sterf van pes of van honger, een derde sal rondom die stad sterf in die oorlog, en Ek sal een derde na al die kante toe jaag, Ek sal hulle self met my swaard jaag. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Derde van jou mense sal in die stad doodgaan deur die groot hongersnood en deur pessiektes. ’n Derde van die mense in die stad sal deur die vyand doodgemaak word wat rondom die stad gaan wees. En ’n derde sal vlug en oor die hele aarde verstrooi word, en Ek sal hulle met oorloë en moeilikhede agtervolg. |